Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Tuis

Tuis

Tuis Opknap 2026/2027
Magazine

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

HALLO

Tuis

3 projekte maak vaal weer fabelagtig

NUWE VOORKOMS, nuwe doel • Toe dié Johannesburgse egpaar besluit om af te skaal, het hulle ’n effens oudmodiese huis woema gegee met ’n tydlose kombinasie van oud en nuut.

Slim ruimtes WAT VERRAS • ’n Dinamiese gewoonte-opknapper wys hoe sy met vernuftige ontwerp haar kothuis in twee verdeel het.

ONS WEERGAWE VAN kontemporêr • Die teksture en kleure van die argitek Kate Otten se opgeknapte 1960’s-huis komplementeer die tuin en skep ’n balans tussen energie en kalmte.

Worcester SE MOOISTE aspoester • ’n Jong gesin se woonhuis kry ’n nuwe baadjie – al het dit elf jaar geneem...

’N HUIS VIR samesyn ÉN WEGKRUIP • In hierdie strandhuis aan die Tuinroete skep sagte kurwes en subtiele verwysings na ’n seetema ’n gevoel van vrede en harmonie.

’n Splinternuwe kombuis • Klein of groot, dié vyf kombuise wys hier word nie net gekook nie – hier word gelééf.

’n Juweel in die bome • Dié unieke houthuis, wat deur inheemse woud omring is, is in die styl van ’n joert as ’n rustige toevlugsoord ontwerp.

’N VARS BLIK op die 50’s • ’n Kreatiewe paartjie het die sjarme van hul seehuis herstel met ’n kontemporêre opkikkerprojek.

’N TUISTE vol stories • As die binneversierder Lindie Senekal heeltyd net kan optower, rondskuif en regruk, dan klop haar hart vuurwarm.

‘Die ideale PLATTELANDSE LEWE’ • Die Dicksons was gereed vir ’n leefstylverandering; toe verhuis hulle na ’n landgoed en bou ’n huis waar materiale ’n skakel met die terrein en die omgewing vorm.

DIE GEHEIM IS vernuwing • Al het hierdie Johannesburgse huis die afgelope 25 jaar etlike opknapprojekte ondergaan, is sy klassieke sjarme behou.

Vernuwe & verfris jou badkamer • Min projekte laat ’n mens so goed voel soos om ’n ou “poeierkamer” in iets asemrowends te omskep; hier is inspirerende voorbeelde.

10 verfmites verpletter! • Mag jy verf verdun? Het jy altyd twee lae nodig? En wat van ’n onderlaag? Kom ons hoor wat die kenners sê …

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans