Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en tik in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Kom sit buite • Dis somer – die perfekte tyd om fees te vier! Die De Wets het ’n kuierplek ontwerp waar hulle dit na hartelus saam met familie en vriende kan doen.
Wat’s nuut
Gee iets vir onder R500! • Laat die feestyd skitter met dié lieflike – en bekostigbare – geskenke.
Met jou voete in die water • ’n Egpaar het ’n ou plaashuis in ’n kleurvolle gesinshuis omskep wat gevul is met ‘liefde, pret en geluk’.
Doelbewus anders • Unieke argitektuur skep lig en privaatheid in ’n kunsliefhebber se aftreeplek.
Oud, maar beslis nie koud! • Met sy gestreepte afdak by die voordeur en hoekige gewel sit hierdie huis netjies tussen die historiese huise op Riebeek-Kasteel. Al wat dit nodig gehad het, was kleur en nogmaals kleur.
’n Plek vir slampamper • ’n Piepklein seehuisie spog met ’n prettige pienk interieur danksy ’n Kaapse paartjie se kreatiewe vernuf.
Kom saam winkels toe! • Besig om jou vakansiehuis te versier? Hier is ons gunsteling- seegeïnspireerde dekorvondste.
Gee jou oor aan kleur • Hannelie Naudé wou ’n leefruimte vol kuns en kleur hê – een wat terselfdertyd intense vreugde én kalmte uitstraal.
ONTMOET ONS FINALISTE! • R120 000 in kontant kan gewen word in ons jaarlikse Regruk met flair-kompetisie in samewerking met Gelmar. Hier is ons Top-9 vir 2026 ...
Vra die kenners • Wonder jy wat nuut is in plaaslike ontwerp of hoe jy jou huis gereed kan maak vir die vakansie? Vra net – ons kry die antwoorde.
Ontmoet dieontwerpers Plaaslik handgemaak, met liefde
Diere-maniere • Dis vakansie, sê die gansie!
Tuindagboek
BLOKRAAI #196 • Saamgestel deur Gerda Engelbrecht
Romantiese rusoord • Toe die Taylors besluit om ’n gastehuis oop te maak, het hulle sommer ook die tuin van hul drome geskep.
Orals, so mooi! • As ’n mens ’n tuin vol blomme en groente wil hê, spit jy die grasperk uit – maar eers wanneer die kinders groot is!
WARM of KOUD? • ’n Somerkersfees is ’n uitgerekte fees wat as middagete begin en tot lank ná sonsondergang duur. Om oondspasie te spaar én die kombuis (en kok!) koel te hou is ’n kombinasie van warm of kamertemperatuur-geregte en oorgenoeg koue opsies die perfekte oplossing.
storie! ’n Soet • Vier vinnige nageregte net betyds vir die feesseisoen!
Kos drank
KNUFFELS vir Afrika • Om wyd te reis, skryf Karin Brynard, verbreed die gees, maar dit verdiep ook die ankers in jou komvandaan.