Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en tik in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Kikker dit op met kurwes • Verfris dié lente jou dekor met pastelskakerings, treffende patrone en sagte geronde rande.
Wat’s nuut
Ontwerp VAN BINNE na buite • Danksy ’n argitek se sensitiewe benadering en twee kreatiewe huiseienaars wat volhoubaarheid eerste stel, sit hierdie Knysna-huis sag en knus in sy omgewing.
ALTYD ’N avontuur • ’n Waagmoedige egpaar, geïnspireer deur ’n langpadreis van epiese proporsies en hul ervaring in die restaurantbedryf, het hul fokus verskuif na die opknapping van die byna 100 jaar oue huis wat hulle vandag hul tuiste noem.
Minder lae, meer karakter • ’n Argitek en sy kunstenaarsvrou het ’n huis gebou waar elke afwerking van ’n ontwerpfilosofie van eenvoud spreek.
OP EIE STOOM IS ’n lewenswyse • Styl en volhoubaarheid kom in perfekte harmonie saam in dié man-en-vrou-ontwerpspan se huis.
Met die bome in gedagte • Dié gesellige gesinshuis in ’n kontemporêre plaasstyl is met sorgsaamheid teenoor die natuur en ’n fokus op rou, eerlike materiale gebou.
Vra die kenners • Wonder jy hoe om persoonlikheid in jou badkamer te skep? Vra net – ons kry die antwoorde.
Dieremaniere
Tuindagboek • Daardie eerste botsels, die nuwe blaartjies wat oopvou en die helder kleure wanneer die lente aanbreek, is van die beste tye in die tuin en beloof ’n goeie seisoen wat voorlê. Volg dié wenke om blomme te verbeter en ’n gesonde tuin te hê.
BLOKRAAI #194
Tuinkopies Ons hou hiervan!
’n Volhoubare oase • In die rustige dorpie Stanford staan die Casa Blanca Farmstead waar Cavy en John Kelley ’n florerende permakultuurtuin geskep het.
OP DIE natuurlike manier • Giselle Grace kweek blomme en groente terwyl sy haar kennis met medetuiniers deel.
Oos, wes, SUIDAFRIKA bes! • Ons neem ’n paar nostalgiese geure en ikoniese bestanddele uit eie bodem en gee dit ’n kinkel.
Springbokpastei met ’n slapdeegkors • As jy ’n jagter in die familie het, is bene afkook vir fynvleis deel van die tradisie! Hier is ons twee-deel-resep vir fynvleis en ’n pasteikors gemaak met slap deeg.
Kos is op die tafel!
Kos & drank
Fonteine VAN DIE EWIGHEID • In ’n droogteland soos ons s’n, skryf Karin Brynard, is dit die fonteine wat die verhale van ons en ons geskiedenis dra.